Große Auswahl an günstigen Büchern
Schnelle Lieferung per Post und DHL

Bücher veröffentlicht von Tafelberg

Filter
Filter
Ordnen nachSortieren Beliebt
  • von Dana Snyman
    28,00 €

  • von Dan Sleigh
    39,00 €

    Sanlam/Insig/Kwela Groot Romanwedstryd (2001), WA Hofmeyr-prys (2003), RAU-prys vir skeppende skryfwerk (2003), M-Net-prys vir skeppende werk in Afrikaans (2004), Helgaard Steyn-prys (2004). EILANDE is mr as net 'n boek. Dis 'n magistrale roman, 'n oerteks wat saam met die Dagjoernaal van Jan van Riebeeck gelees behoort te word. Dis eintlik 'n gebeurtenis wat 'n andersmaak bring vir elkeen wat dit onder hande neem. Maar dis ook 'n helder boek. Dit s vir jou in die eerste lang paragraaf wat dit gaan doen, en dan doen dit daardie ding. Dit plaas ons geskiedenis, in 'n daad van liefdesbetuiging, in die liggaam van 'n vrou. Daar word dit vasgeknoop, en dan word vertel wat uit di verbinding voortgekom het. Sewe stukke lewe is hier ter sprake, almal manslewens wat iewers gewentel het om die bestaan van hierdie vrou in wie se liggaam die wit bloed en die bruin bloed saamgevloei het. Sewe mansmense wie se geskiedenisse byna soos aardplate oor mekaar skuif met di vrou as swaartepunt. EILANDE bied 'n soort onuitputlikheid. Dit herroep die woord 'respek'. Respek vir wat verbygegaan het. Respek vir die byna onuitspreeklike woestheid van die mens se verlange tot bestaan, tot erkenning, tot leef op aarde. Maar veral respek vir diegene wat dit opgeteken het, vir die eerlike arbeid wat in so 'n poging opgegaan het.

  • - In die Driehoek van die Dood
    von Deon Lamprecht
    25,00 €

    In Pompie van der Westhuizen se plaaskombuis buite Tsumeb het die skote nooit geklap nie. Maar die oomblik wanneer sy agter haar weermagradio's ingeskuif het, het die Grensoorlog om haar begin woed. Hierdie aangrypende boek vertel die ware verhaal van die boeregemeenskap van die sogenaamde Driehoek van die Dood in Suidwes en hoe hulle by die oorlog ingetrek is. Swapo-insurgente het die land jaarliks deur di gebied binnegesypel om sagte teikens aan te val. Deon Lamprecht herskep die gebeure om 'n Swapo-hinderlaag in die gebied met 'n onmiddellikheid wat jou aan die keel gryp. Hy beskryf dit vanuit die perspektief van kommandant Roland de Vries, bevelvoerder van 61 Meg, die burgerlike vrywilligers en tannie Pompie, wie se man en skoonseun in die hinderlaag was. 'n Spannende en diep menslike storie wat wys daar is geen wenners in 'n oorlog nie.

  • von Frans Cronje
    30,00 €

    What will South Africa look like in 2030? And how will the next fifteen years unfold? South Africa has undergone dramatic change in recent years. Political tensions are on the up, economic performance has weakened, and more and more South Africans are taking their frustrations to the streets. What does this mean for our future? Will a spark ignite the powder keg? In this book, leading scenario planner Frans Cronje analyses the latest trends and presents four brand new scenarios for the country's future. Will South Africa take the socialist route and allow the state to seize all wealth and land? Will the status quo prevail, and the wealth divide widen while crime soars? Do we face a pernicious erosion of our democratic rights and freedoms? Or will a rainbow rise unexpectedly? Cronje's new set of scenarios is a sober compass for South Africa's highly unpredictable future.

  • von Lindie Koorts
    43,00 €

    In 1948 the Dutch Reformed minister D.F. Malan led the National Party to victory and set up the policy of apartheid. Today grimfaced photographs of NP leaders like Malan and his successors have come to symbolise a system of racial oppression. Yet, when Malan was asked on his deathbed what he considered the most important service he had rendered during his political career, he answered, 'that I could serve my nation; that I could unite my people'. This biography tries to understand this contradiction: how a man who earnestly sought to build a nation could also contribute to a legacy that continues to scar a country. Malan's personal and political life developed against the backdrop of the rise in Afrikaner nationalism in the years following the South African War. To understand Malan the man is also to understand the people who elected him as their leader.

  • - Stories van gister en vandag
    von Lindie Koorts
    44,00 €

    In 1948 het die NG dominee D.F. Malan die Nasionale Party tot politieke oorwinning gelei. Vir die meeste Afrikaners was dit die verwesenliking van 'n jare lange droom. Om Malan as mens te verstaan, is om te verstaan hoe die Afrikaners hulself uit die as van die Anglo-Boereoorlog in 'n nasie omskep het. Toe hy op sy sterwensbed gevra is wat vir hom die belangrikste van sy loopbaan was, het hy ges "e;dat ek my volk kon dien; dat ek my volk bymekaar kon bring"e;. Sy verhaal is die verhaal van die mense wat hom tot hul leier verkies het. Die Malan-bewind het egter ook die apartheidsera ingelui. Hoe kyk ons dan vandag na Malan? Hierdie skets van 'n man en sy tyd - die eerste van 'n Nasionale Party eerste minister n 1994 - probeer ook di vraag te beantwoord.

  • von Adam Small
    27,00 €

    Na veertig jaar is daar weer 'n Afrikaanse digbundel deur Adam Small. Na Oos Wes Tuis Bes Distrik Ses (1973) het hy demonstratief net in Engels begin dig, en na sy drama Krismis van Map Jacobs (1983) het sy skrywerstem stil geword. Daar was altyd die vermoede dat hierdie stilte grootliks toegeskryf kon word aan die verwerping wat hy aan die hand van taalgenote ervaar het. Verlede jaar is die Hertzogprys uiteindelik aan hom toegeken, en vanjaar verskyn nie net hierdie digbundel nie, maar ook sy Afrikaanse drama Goree, wat in 1978 in Engels geskryf is. Small gee in die titelgedig van die bundel te kenne dat Klawerjas 'n uitvloeisel is van 'n bestaanswyse, 'n uiting gee aan die gewaarwording dat hy te midde van soveel armoede en verknegting een van diegene is wat darem nog woorde het "e;wat aftas teen die mure van ons donker kamers van bestaan, al soekend na die deure, openinge na die lig"e;. Hy voeg sy stem by Van Wyk Louw en verklaar dat hy te midde van onreg nie juis anders kan nie as om te skryf, te praat en te probeer oorreed. Hy dig in di bundel: "e;Daar's di van ons wie nie sonder / posie kan leef nie. Niemand hoort sonder die ervaring van die ritmiese / golwing en osmose van die fyn-gekose / sin en woord."e; Maar wat hy vir homself toe-eien gun hy ook ander. Sy posie is dan juis ook gedigte vir ander, vir gewone mense. Hy skryf: "e;Daarom is dit vir 'n digter nodig / om telkemale 'n vers publiek / die lig te laat sien, posie toeganklik / te maak, en mense so te dien - soos / hierdie gedig-vol-dankbaarheid . . ."e;Hoewel hy in hierdie bundel in gesprek tree met mededigters, skrywers, filosowe en ander kunstenaars, skryf hy vanuit die oortuiging dat sy gedigte bestem is "e;vir gewoon-intelligente mense"e; en dat dit "e;hoegenaamd nie 'n vertoon van geleerdheid en obskure hoogdrawendheid moet wees nie"e;. Klawerjas bevat gedigte wat spreek van deurleefde ervaring, diepe oortuiging en 'n opregte meegevoel met die lot van die veronregtes. Dit is praatverse wat getuig van 'n fyn oor vir die musikaliteit van die alledaagse, die melodie wat spontaan en ongekunsteld opklink as jy die doodgewone in verwondering gade slaan.

  • - 'n Keur uit die verhale van E. Kotze
    von E Kotze
    29,00 €

  • - The Best of Daily Maverick
     
    26,00 €

  • von Francois Smith
    30,00 €

    Dit is die Eerste Wereldoorlog. In 'n Britse militere hospitaal staan Susan Nell voor die deur van een van die private sale. Op die deur is 'n enkele naam aangebring. Sy ken daardie naam. Sestien jaar tevore, in een van die Anglo-Boereoorlog se konsentrasiekampe, het daardie naam soos 'n liddietbom in haar lewe gebars. Sy lig haar hand om die deur oop te maak, maar dit bewe so dat sy die knop nie vasgevat kry nie. Sy moet dit doen. Sy is 'n psigiatriese verpleegster en dit is haar taak om getraumatiseerde soldate terug te bring na die lig. Maar as daardie soldaat die een is wat sestien jaar tevore met sy heupe alle lig uit jou gestamp het . . .? Susan Nell se hand word loodswaar. Iets soos 'n warrelwind ruk deur haar. Sy wankel op die drumpel tussen lewe en dood. Kamphoer is die ware verhaal van 'n vrou wat gedurende die Anglo-Boereoorlog wreedaardig verkrag en vir die aasvols gegooi is. Met die hulp van 'n reeks weldoeners ontsnap sy aan die kloue van die dood en wy sy uiteindelik haar lewe aan die genesing van presies die soort trauma waaraan sy onderworpe was. En in die proses word sy teruggestamp in 'n bomkrater wat sy geglo het lank reeds toegegroei het en veilig bedek was. In Kamphoer word die weerbarstigheid van die menslike gees opgeweeg teen die ewe blywende invloed van trauma. Dit is 'n sielkundige riller wat jou tot op die laaste bladsy in sy yskoue greep sal hou.

Willkommen bei den Tales Buchfreunden und -freundinnen

Jetzt zum Newsletter anmelden und tolle Angebote und Anregungen für Ihre nächste Lektüre erhalten.